Transcript – Afrikaans:
Die skok diagnose van hulle eersteling was onbewustelik die geboorte van ander ouers in dieselfde situasie se hoop. Deesdae vervaardig Bianka Wasserman baan breker speelgoed wat help met die terapie van kinders met gehoor gestremdheid. Hulle noem dit ‘Olipop Toyshop’. Therese het in Hopefield gaan kuier.
Musiek
Oliver is nie sommer ‘n gewone seuntjie nie. Hy is van die Here af gesmeek, en ‘n wonderwerk op meer as een manier. Toe hy dus op skaars 3 maande oud met ernstige gehoorverlies gediagnoseer word, was sy ouers, Bianka en Daniel Wasserman verpletter. Min het hulle geweet dat hulle wanhoop juis die teelaarde vir hoop is.
T: Bianka, jy en Daniel jou man, het lank gevat om swanger te word, julle het ‘n pad gestap.
B: Ja, ons het getrou en ek wou onmiddelik swanger raak so hy moes ‘n bietjie van, uhm, wou ‘n bietjie wag. En dit was seker, ek wou amper sê ‘n jaar, en toe het ons weggegaan Kruger wildtuin toe eintlik. En die een aand se hy net, “kom ons, kom ons los dit, en vat die pressure van ons af”, wil ek amper sê. En die volgende oggend het ek uitgevind ek was swanger.
T: Jy het ook nie ‘n maklike swangerskap en geboorte gehad nie?
B: Nee, ongelukkig nie. Uhm, so die swangerskap self, ek het verskriklik baie gebloei. Ek het wat hulle noem ‘n ‘threatened miscarriage’ gehad. En so ek was op bed rest van week 9 tot 16 basies. Na dit het dit alles eintlik baie goed gegaan. En op die einde, wou hy net nie uitkom nie. 21 ure later en 3 ure se probeer hom uit kry, is hy toe met ‘n noodkeiser gebore.
So hy het glad nie gehuil nie, ek onthou hulle het hom opgelig en hy het hierdie groot ogies gehad en net vir ons almal net so gekyk. En toe kon hy nie op sy eie asemhaal nie. So toe het hulle hom NICU toe gestuur en hy was net daar vir 36 uur net vir observation en toe is hy oraait.
T: En toe gebeur wat?
B: Alles is opgepak, hy was al in die karstoeltjie en toe ons uit die kamer uitstap toe stap ‘n audioloog in. Toe sê sy ek is hier vir die newborn screening. Toe se ek net vir haar ‘nee, nee, nee, ons gaan nie nou dit doen nie, ons kan dit later doen’.
T: Julle het genoeg gehad.
B: Ek wil nou huis toe gaan. Ek het nie eens geweet ek moet worry oor so iets nie.
T: Ja
B: Hy is nou hier en veilig. So, toe was daardie saadjie amper net so agter geplant.
T: Op 3 maande laat hulle Oliver se gehoor eindelik deeglik toets en haar ergste vrees word bewaarheid. Oliver is feitlik doof. Wat het hulle vir julle gesê, en wat het deur julle koppe gegaan?
D: The diagnosis we got was severe to profound hearing loss. It was heart-breaking, devastating that your, your idea, your mental image of, of this little boy and the life he is going to live is all of a sudden, is now looking very, very different.
T: Ek kan my dit nie indink nie. Wat het julle laat dink om dit te toets?
D: Oli was sleeping in Bianka’s arms, and the wind blew the door shut, it slammed and both Bianka and I startled with a fright. But Oli just slept.
B: Ek het tot vir hom gevra, “Ok, staan op en klap weer die deur toe”. En niks het gebeur nie. Dis toe het hy eintlik ‘n pot…
D: I grabbed 2 pots and went ‘bang, bang’ hitting two pots together, and he didn’t wake up.
T: You say severe hearing loss, wat beteken dit? Kon hy absoluut niks hoor nie?
D: He could hear very little in the right ear and basically nothing in the left ear. The option that were given to us was, that he may be a candidate for cochlear implants, but it’s, it’s way too early to tell because they’re not sure what has caused the hearing loss.
B: So, intussen kan ons gehoor apperate probeer en sien of dit vir hom enige toegang gee, en, uhm, dan net wag. So, toe hy 3 maande oud was het hy toe gehoor apperate gekry en ons was baie, baie bevoorreg in dat hy het toegang gekry.
T: En toe van daar af, die volgende stap, toe die kogleêre inplantings?
D: So, with the test they found that although he was hearing little bit with the hearing aids, it wasn’t sufficient for him to hear …
B: And to develop spoken language.
D: Correct. Yeah.
T: Goeie genade! En ook na die inplantings gedoen is, vat dit ‘n tyd lank voor dit aangeskakel kan word?
B: Yes
T: What is that process?
D: You have to wait for the scarring to heal, and uhm for the internal device to settle. And that was a month. Uhm, then we went to our audiologist, and we got the devices fitted. And that was switch on day.
Video: (knock, knock, knock on the table) Aaahhh!! Who is that?
B: Ek dink daai tyd met die gehoor apperate het definitief, het hy toegang gekry aan klank wat beteken het, ja, dit was nie dieselfde nie, maar sy brein en sy senuwees het oefening gekry. En so, hy het sy eerste woordjie gesê op 9 maande, en dit was mamma. En dit was nie noodwendig hy’t nie geweet dit was mama, ek nie, maar hy het ‘ma, ma, ma’ begin sê.
T: Is daar sekere klanke, is dit reg, wat kinders met gehoorgestremdhede moet aanleer?
B: Dis reg
T: Wat is dit?
B: Kinders met Kogleêre Inplantings, uhm, doen hulle sekere terapie, auditory verbal therapy. En deel van dit is om te leer oor die ling sounds. En die ling sounds is 6 klanke, want as jy toegang het aan daai klanke dan weet ons jy sal kan begin praat.
Video: Ahhhhhh, ahhhhh, ahhhh (Oliver playing with aeroplane and Bianka mimicking his sounds).
T: Spraak terapeute moedig ouers aan om speelgoed wat met hierdie klanke geassosieer word vir hul spruite aan te skaf. Makliker gesê as gedaan! Bianka het gou besef dis makliker om ‘n naald in ‘n hooimied te soek. Sy besluit net daar om self ‘n plan te maak, en Olipop Toyshop pop op! Waaruit bestaan jou produk reeks want hier is nou ‘n hele paar goed hier voor ons?
B: So, wat ons gedoen het is om speelgoed te maak wat die jonger kinders kan gebruik en dan soos hulle ouer raak, dan kan hulle begin met die puzzles.
T: Ok, en elkeen van hierdie figuurtjies verteenwoordig ‘n klank?
B: Dis reg, ja.
T: Waar het jy aan die idee gekom daarvoor?
B: So die konsep self was al lankal daar met die spraak terapie wat Oli doen, so die auditory verbal therapy. Maar voorheen moes ouers uitgaan en ‘n vliegtuig koop, en ‘n roomys koop en ‘n trein en dan het jy nou al hierdie goed wat nie eintlik saam pas nie.
T: Mmm
B: Jy kan dan dit partykeer nie eens kry nie of die meeste van dit is uit plastiek gemaak en ons almal weet, ‘n kind van 6 maande oud gaan alles in hulle mond sit.
T: Hoe werk dit, wat verteenwoordig die figure?
B: Ons vat ‘n item en ons wil hê die klank moet ge-assosieer word met daai item.
T: Okay
B: So in die baba se geval is dit ‘shh’. So ek gaan ‘Shh’ (T: die baba doedoes…). En die babatjie het ‘n plat agtergrond, sy kan lê en ‘n kombersie oor hom sit en dan gaan ons ‘wake-up’ en dan kan hy weer opstaan.
T: Okay. So dis ‘Shh’ klank.
B: Dis die ‘Shh’ klank.
T: Wat is daai outjie?
B: Die trein hierso is ‘Oo’, so Choo-choo, so jy gaan ‘Oo-Oo’. As hulle nou baie jonk is gaan jy nou speel en jy gaan daai klank gebruik sodat as hulle ouer raak sal hulle onmiddelik weet wat die klank is.
T: En dis nou dieselfde met die legkaarte ook?
B: Presies dieselfde, daar het ons net 4 ekstras gekry Dis nou die Ling, Medel, Hewett Klanke wat by gekom het.
T: Maar waar begin jy, waar het jy hierdie goed laat maak?
B: Op die oomblik laat ek hulle oorsee maak. So, die speelgoed is in China gemaak en dan voer ek hulle in. En al die puzzles is eintlik hier in Hopefield gemaak. Daar is nie sulke speelgoed wat saam verkoop word wêreldwyd nie.
T: Dis ongelooflik, jy is die eerste een wat daaraan dink om dit alles om ‘n reeksie te maak.
B: En veilig te maak.
T: Ja!
B: So daar is een ander reeks van plastiek gemaak, maar niemand wil plastiek vir kinders van 6 maande oud gee nie.
T: Ja. En die naam is so oulik!
B: Oupa het altyd eintlik vir Oli ‘Olipop’ genoem. En jy kan mos nou sekerlik sien op die logo, daardie krulhare!
T: Dis Oli!
B: Dis Oli.
Jenny: What sound is this making??
O: Sssssssss
J: That’s right! Good Job!
J: There’s the snake!!
B: What is that?
O: Ahhhh – (playing with aeroplane)
J & B: It’s an aeroplane!
T: Jenny, wat is die Carel du Toit Sentrum en wat behels jou werk daar?
J: Ons is ‘n skool en ‘n ‘early intervention centre’ in die Kaap. En dit is ‘n plek waar dowe kinders leer praat. We really are there to support the parents during this journey.
T: Vertel my van die reis, of die pad wat jy nou al met Oliver gestap het.
J: Van die begin af het hy baie vining al sy mylpale bereik in terme van gesproke taal. And that’s the power of starting early, not having to catch up a delay.
J to O: Uhhh, this one!!
O: Hahaha
J To O: Okay, can you put them in? Put that one in.
J: We want the child to be aware of sound, but we also want them to attach meaning to what they hear. And we want to be sure that they hear across the speech spectrum and that’s what you can do with these toys.
O: Bye train
B: Bye train
O: And my ice-cream.
J: Banana ice cream.
O: Banana
T: Helena, ons het so ‘n paar jaar gelede hier by jou kom kuier vir Simply Bee. So dit lyk my jy en jou dogter is altwee ewe vindingryk.
H: Bianka het ook saam met my Simply Bee begin jare terug, en dis vir my wonderlik om te sien hoe sy, wil amper sê dit wat met hulle gebeur het, wat baie harsteer was en wat nou so mooi uitgedraai het, maar dit is wonderlik om te sien hoe hy gevorder het, en hoe Bianka dit gevat het en absoluut verander het in iets so pragtig waar sy nou, oeh! Soveel, soveel ander kinders se lewens gaan kan verander.
Tamara: Ek is ‘n audioloog in privaat praktyk in die Paarl. En Bianka het uitgereik na my na die diagnose van Oliver na sy gehoorverlies. Die diagnose is elders gemaak in die Kaap, en sy wou gesels oor inplantering. As ek vandag na Oli kyk, maak dit my hart so bly, want dit is kogleêre inplantings, dis die wonderwerk van gehoor. So 3 uit ‘n 1000 kinders wat sonder risiko faktore gebore word het ‘n uitermatige gehoor verlies soos Oliver wat kogleêre inplantings benodig. En die grootste probleem op hierdie stadium is dat ons hulle te laat diagnoseer. Dis my belangrikste boodskap, as hier ‘n mamma is wat swanger is wat kyk na hierdie mooi storie, laat jou baba se gehoor so gou as moontlik na geboorte toets.
B to O: Good job! (video insert)
T: Watse tipe kind is Oli?
B: Hahaha
D: He’s a real little boy!
B: Ja
D: Ja, very energetic, full of life.
T: Dis iets wat mens nie gaan oorweeg tensy dit oor jou pad kom nie. Om te dink hoe ervaar mens die wêreld, as jy glad nie kan hoor nie? Wat is van die goed waaraan ‘n mens nie dink nie?
D: So that was one of the heart-breaking things that was running through my head the day we found out about his diagnosis, is that he will never hear me say I love you. He will never hear music. We’re fortunate, we’re blessed now that he can hear and, and he loves music.
B: Daar is niks wat hom gaan stop om te wees wie Oli Wasserman is nie, en dis vir my wonderlik.
T: Mens voel soms dat jou gebede nie beantwoord word nie, of nie soos jy gevra het nie, maar dalk sien ons nie die groter prentjie nie want na vandag besef ek, jy is miskien net die antwoord op iemand anders se gebed. Soos Bianka, met Olipop se Toyshop.